Key details
Quick facts about this role
Location
Bellville, Western Cape
Work mode
On-site
Compensation
Market related
Posted
22 May 2026
Closes
11 Jun 2026

Advertising Jobs

Grafiese Ontwerper en Sosiale Media Inhoudskepper

Is jy 'n kreatiewe persoon met 'n passie vir mense?
 
'n Dinamiese nie-winsgewende organisasie in die Tygervallei-omgewing is op soek na 'n persoon wat die digitale ontwerp, samestelling en bemarking van hulle materiaal vir byeenkomste, asook die inhoudskepping en bestuur van al hulle Sosiale Media platforms kan behartig.
 
Die neem van fotos, redigering en samestelling van videomateriaal asook administrasie sal onder andere deel uitmaak van hierdie pos.

REQUIREMENTS
  • Matrieksertifikaat of gelykstaande kwalifikasie
  • Graad/Diploma of Sertifikaat in Grafiese Ontwerp of Bemarking
  • Rekenaargeletterd in MS Office (Outlook, Word, Excel)
  • Vertroud met Canva Pro, Final Cut Pro, Filmora of soortgelyke sagteware
  • Detail-georiënteerd en “tech-savvy”
  • Beskikbaar om na-ure en oor naweke byeenkomste by te woon vir die neem van videomateriaal en fotos
  • Eie betroubare vervoer
DUTIES
  • Hou sosiale media platforms op datum met inligting aangaande byeenkomste, konferensies en spesiale afkondings
  • Skep en verwerk inhoud vir sosiale media, webtuiste, YouTube, Whatsapp en ander toepassings
  • Ontwerp pamflette en ander bemarkingsmateriaal vir digitale en gedrukte gebruik
  • Woon weeklikse byeenkomste by, neem fotos en videos vir inhoudskepping en stoor op Google Drive
  • Berei “runsheet” voor vir weeklikse byeenkomste en stuur deur na media- en leierskapspan
  • Druk harde kopie van “runsheet” vir gebruik op die dag van die byeenkoms
  • Maak seker die media-span het alle nodige beeldmateriaal vir weeklikse byeenkomste
  • Tik en laai gedetailleerde notas van weeklikse byeenkomste op Google Drive
  • Verskaf opleiding aan nuwe personeel in die gebruik van toepassings
  • Werk diensroosters uit en maak seker genoeg personeel is aan diens
  • Maak seker kantoorvorms is op datum en dat daar genoeg beskikbaar is
  • Help met die bestel van geskenke en bemarkingsmateriaal
  • Help met opstel en dekor by konferensielokale
  • Hernu jaarlikse intekeninge (Canva Pro etc)
  • Maak seker daar is genoeg spasie op Google Drive en dat dit goed georganiseerd is
  • Stel nuwe eposadresse etc op, en help met basiese probleemoplossing met rekenaars en drukkers
Salaris:  Onderhandelbaar afhangende van kwalifikasies en werksondervinding
Ready to apply?
Submit in one click with your saved documents.